Pax Britannica

’n Uitvoerige kaart van die Britse Ryk in 1886, in pienk aangedui.

Pax Britannica (Latyn vir "Britse Vrede") was die tydperk van relatiewe vrede tussen die groot moondhede van die tyd waartydens die Britse Ryk die wêreldwye leidende mag geword en die rol van "wêreldwye polisieman" gespeel het.[1]

Tussen 1815 en 1914, ’n tydperk waarna verwys word as Brittanje se "keiserlike eeu",[2][3] is ’n gebied van sowat 26 000 000 km2 en rofweg 400 miljoen mense by die Britse Ryk gevoeg.[4] ’n Oorwinning oor Napoleontiese Frankryk het gesorg dat Brittanje geen ernstige teenstanders gehad het nie, buiten miskien Rusland in Sentraal-Asië.[5] Toe Rusland sy invloed in die Balkan probeer uitbrei, het die Britte en Franse hulle in die Krimoorlog (1853-1856) verslaan en so die Ottomaanse Ryk beskerm.

Die Britse Vloot het die grootste deel van die seehandelsroetes beheer en ongehinderde seemag geniet. Benewens die formele beheer wat dit oor sy eie kolonies uitgeoefen het, het Brittanje se oorheersende posisie in die wêreldhandel beteken dit het toegang tot baie gebiede beheer, soos Asië en Latyns-Amerika. Die Britte het ook, tot die misnoeë van ander koloniale ryke, die Verenigde State gehelp om sy ekonomiese oorheersing in die Amerikas te handhaaf. Britse handelaars, skeepseienaars en bankiers het so ’n oorweldigende voordeel bo dié van ander ryke gehad dat die land, benewens sy kolonies, ’n groot "informele ryk" (invloedsfeer) gehad het.[6][7][8]

  1. Johnston, pp. 508-10.
  2. Hyam, p. 1.
  3. Smith, p. 71.
  4. Parsons, p. 3.
  5. Porter, p. 401.
  6. Porter, p. 8.
  7. Marshall, pp. 156–57.
  8. Cameron, pp. 45-47.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search